Hi jy
Dankie dat jy weer kom inloer het.
Die besige naweek het gekom en gegaan. Ek wonder soms of die gejaag die moeite werd is?
Vrydagaand se Old Mutual gig het baie goed afgeloop. Dit was lekker om ander tipe
musiek te sing. Ek moes vir hulle swing show doen met treffers van Frank Sinatra en
Michael Buble, om net 'n paar te noem. Dit het baie goed afgeloop en ek moet sê die musiek
pas my stem soos 'n handskoen. Die terugvoering was amazing. Miskien moet ek dit meer doen!
Ek het ook deelgeneem and radio Kingfisher se DO YOU ROCK kompetiesie!
Alles het baie goed afgeloop maar toe word die bure wakker en hulle het so bietjie beginne
kla oor die harde klank. Needless to say, die polisie het opgedaag en die organiseerders moes die
geleentheid stop sit. Daar is nie 'n wenner op die aand gekies nie. Ek sal julle op hoogte hou
van die uitslae sodra ek weet wat aangaan!
Saterdagaand 'n lekker 30ste B-day party gehad. Man, daar is darem maar niks lekkerder as 'n
lekker spit nie. Veral nie as die vleis sommer so van die bene afval nie! Awesome gewees.
Ek het die besige naweek afgesluit met 'n optrede saam met die Despatch mannekoor by
NG Bothasrus gemeente! Die manne sing lekker en dit was 'n groot eer om saam met hulle op te tree!
Sal dit met graagte weer doen.
So wat het ek geleer die week:
Alles wat ons doen, maak nie saak hoe goed ons dit wil reël nie, is in die Here se hande. Hy
beheer alles wat in ons lewens gebeur. En as mens vrede vind in dit, sal ons die teleurstellings in
ons lewens baie maklik kan hanteer, want Hy is in beheer.
Lekker week vir jou. Sien volgende keer!
Listen to "Wat is n Braai Sonder Marina" here
Groete Marinus
|
Die Hele Boksemdaais
Marinus se CD - Die Hele Boksemdaais, is nou beskikbaar!
Die CD spog met 14 splinternuwe oorspronklike
liedjies en Marinus wys ook sy staal met die opname van 2 Roy Orbison treffers.
Bestel nou jou kopie by info@marinusvanrooyen.co.za teen slegs R100,
posgeld ingesluit vir bestellings in Suid Afrika.
'n CD vir elke versameling! Kry hom nou! |